Opstal LIVE: Lowland & Ligstraaltjie

Opstal Live bied aan - Lowland & Ligstraaltjie!

n Aand van kos, wyn en musiek ten bate van Ligstraaltjie crechè. Die crechè in Slanghoek, buite Rawsonville, word al vir 22 jaar bedryf en volg ‘n spesifieke leer program. Daaglikse lesse word aangebied vir tot 60 kinders tussen die ouderdom van vyf maande tot vyf jaar.

Verder verskaf die crechè werk vir vyf opgeleide personeel lede en huidiglik ondersoek hulle die moontlikheid om ‘n sesde personeel lid aan te stel. Voorheen het hul weeklikse musiekwaardering lesse aan die groter kinders aangebied, maar moes weens finansiële probleme die program staak. Diè program asook programme soos byvoorbeeld “playball” wil hul graag vorentoe ilmplementeer om die leerders net nog meer skool gereed te kry.

Hierdie Opstal Live vertoning - met ‘n verskil - vind plaas Vrydag, die 26ste Augustus om 18h30. Kaartjies kos R200 per persoon, ete ingesluit. Kaartjie verkope is ten bate van die Ligstraaltjie Crechè.

Besprekings is noodsaaklik. Kontak ons by 023 344 3001 of skryf vir ons by wine@opstal.co.za om jou plek te verseker.

Write something nice…

(will not be published)
(optional)
Remember Me
Subscribe to Updates